In September 2006 het ons Suid Afrika verruil vir Nieu Zeeland. Hier aangekom het ons het 'n wonderlike groep Suid-Afrikaners ontmoet wat ons die eerste paar weke gehelp met met meubels en ander benodighede waarmee ons 'n gedeeltelike gemeubelleerde huis mee kon opsit.
Daar het ons toe die idee vir Vinkel & Koljander gekry. Ons wil graag ander mense help, want ons kan verstaan dat mense heeltemal van voor af 'n nuwe lewe hier moet bou.
Ons passie is om mense te help en wil dus 'n basis skep vir die mense wat die transisie vanaf Suid Afrika na Nieu Zeeland maak. Hierdie plek is dus 'n nuwe "huis weg van die huis af".
Wat kan ons julle bied?
Ons het 3 eenhede. Al die eenhede is ten volle toegerus en jy het slegs jou eie kruideniersware nodig om dit meer huis te maak. Die selfsorg eenheid is in 'n stil omgewing en 15 minute se loop van publieke vervoer af en so 20 minute se ry van die middestad af. Handdoeke en linne word verskaf.
Ons Huis - Ons eerste eenheid is 'n ten volle toegeruste huis wat bestaan uit 3 slaapkamers, 1 studeerkamer / slaapkamer, badkamer met 'n toilet en ekstra toilet. Veilige parkering. Aparte waskamer met wasmasjien. Die eenheid is vir groter families. 'n Lieflike kaggel hou mens lekker warm in hierdie Wellington winters.
Woonstel 1 - Dan het ons die woonstel. Dit is 'n ruim, ten volle toegeruste woonstel, met genoeg slaapplek vir 2 volwassenes en 2 klein kinders. Eie badkamer met bad/stort en klein kombuisie. .
Woonstel 2 - Derdens het ons nog 'n ruim woonstel eenheid, wat 'n aparte slaapkamer en badkamer , met 'n stort en toilet het. 'n Gekombineerde leef area / kombuis en sit/tv kamer, maak hierdie eenheid baie "cosy". Twee volwassenes en 2 kinders kan hier bly. 'n Waskamer met wasmasjien is ook daar vir julle gebruik. Ruim parkering is beskikbaar . Hierdie eenheid is tans onder konstruksie en nie beskikbaar nie.