Meer oor die eenhede:
Alle eenhede is privaat en daar is genoeg parkering, asook garage parkering vir diegene wat dit so sou verkies.
Die eenhede is ten volle toegerus, met al die nodige benodighede. Daar is genoeg hangkaste met pakplek bo-in, asook laaikaste. Die woonstelle het 'n Noord-Aansig en is heerlik warm in die winter. Ons Huis (die groter eenheid vir groter families) het 'n groot kaggel, wat als heerlik warm hou in die winter.
In die woonstelle het ons die sit/eet/tv kamer asook "sleeper-couches" wat oopvou in driekwart beddens vir die kinders.
Wat sluit die eenhede in:
!. Handdoeke en linne
2. Ten volle gemeubelleerde eenheid toegerus met alle benodighede.
3. Redelike elektrisiteitsgebruik.
Wat sluit die eenhede nie in nie:
1. Etes
2. Vervoer van en na die lughawe toe. Meeste van ons mensies maak gebruik van Super shuttle: http://www.supershuttle.co.nz/
3. Daar is 'n wasmasjien vir julle gebruik. 'n Tuimeldroer kan gehuur word by MR Rentals. Hulle kom lewer die items af en kom haal dit weer. Hulle webadres is http://www.mrrental.co.nz/
4. Telefoon. Indien gaste vir lang tydperke in die gastehuis bly, kan hulle solank hulle eie foon laat installeer en dan net die foon oorplaas na hulle nuwe adres toe, as hulle uittrek.
Spesiale versoeke:
1. Daar is 'n "cleaner" beskikbaar, indien u dit benodig. Sy vra ongeveer $40 per oggend se skoonmaak. Laat my asb weet, sodat ek reelings namens u kan tref.
2. Ons versoek dat niemand binne in die eenhede sal rook nie.
3. Geen troeteldiere